► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►
Nuwe Parlementslede verdien jaarliks ’n salaris van R2,4 miljoen plus ruim byvoordele soos 'n gratis staatswoning, 2 amptelike voertuie, ‘n huiswerker en vliegtuigkaartjies vir hulle en hul wederhelftes. Dit kon selfs meer gewees het indien pres. Cyril Ramaphosa nie verlede…
Die Vrystaatse dorpie Steynsrus het die tyd erg onder ontwrigtende betogings deurgeloop uit protes teen die patetiese en meesal geen dienslewering van die Moqhaka Munisipaliteit. Hulle eis o.m. dat die hele munisipale topbestuur hul poste moet ontruim. Wanorde was aan…
Die sake-organisasie Sakeliga wys in ‘n mediaverklaring daarop die nuwe Wysigingswetsontwerp op Toerisme, die sg. AirBnB-wet, lyk dalk op die oog af nie omvattend nie,…
Die burgerregte-organisasie AfriForum besoek die VSA om steun te werf teen grondgrype en plaasmoorde in Suid-Afrika. Ernst Roets, adjunk-hoof van AfriForum en Mariandra Heunis, ma…
Karoo Diesel as ‘n dieseldepot vir grootmaatverbruikers is pas geopen langs die R369, ongeveer 20 km vanaf Orania oppad na Vanderkloof, Petrusville en Luckhoff. Grootmaat…
Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane is Maandag geroskam in Pretoria se Hooggeregshof nadat daar bevind is dat sy haar plig versuim het om die Guptas se Estina-suiwelprojek by Vrede in Vrystaat behoorlik te ondersoek. Daar is onder meer bevind dat haar…
Bladsy 9 van 143
Go to top