► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Besigheid

Die Skatkis klerewinkel in die Horison Nywerheidskorf het opwindende nuwe wintersvoorraad ingekry, vir mans sowel as dames, asook kinderklere - truie, baadjies, skoene, onderklere en…
Die enigste troeteldierwinkel in die Bo-Karoo waar diereliefhebbers ‘n uitlaatklep vir hul passie kan vind, is Troeteldier en Hengel Paradys te Orania, in die Stokkiesdraai…
        Op Saterdag 1 Junie 2019 het Die Worsman in die Horison Nywerheidskorf hul amptelik opening gevier met talle spesiale aanbiedinge, ʼn groot braai, ʼn…
Die sake-organisasie Sakeliga wys in ‘n mediaverklaring daarop die nuwe Wysigingswetsontwerp op Toerisme, die sg. AirBnB-wet, lyk dalk op die oog af nie omvattend nie,…
Karoo Diesel as ‘n dieseldepot vir grootmaatverbruikers is pas geopen langs die R369, ongeveer 20 km vanaf Orania oppad na Vanderkloof, Petrusville en Luckhoff. Grootmaat…
Vir ‘n naam vir die besigheid het Horison Motorfietse ‘n prys van R500 uitgeloof vir die beste voorstel en uit die talle wat ontvang is,…
Bladsy 1 van 20
Go to top