►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Spesiale Ekonomiese Sone by Harrismith bol wind

Op 25 April 2017 is die Maluti-a-Phofung Spesiale Ekonomiese Sone (MAP-SEZ) by Harrismith deur pres. Jacob Zuma en Vrystaatse premier Ace Magashule onthul, maar in 'n mediaverklaring wys DA leier in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, daarop dat die hoë ideaal in effek net 'n bol wind is. Die MAP-SEZ by Harrismith as 'n binnelandse hawe met doanegeriewe op die bedrywige roete tussen Gauteng en Durban en aangrensend aan Tshiame by Harrismith en QwaQwa met miljoene swart werkloses is al vir jare 'n prospek, maar is eers op 25 April 2017 onthul. Jankielsohn wys egter in 'n mediaverklaring daarop dat van die gespesialiseerde geboue benodig vir die SEZ om te funksioneer teen sowat R1,5 miljard en skepping van 29 000 werksgeleenthede het tot dusver dadels gekom. Wat gebeur het, is dat 'n sekuriteitsheining om die geoormerkte perseel opgerig is teen 'n kkoste van sowat R40 miljoen en met skepping van 70 tydelike werksgeleenthede, maar dat die heining reeds grootliks gevandaliseer is. Om die kersie op die koek te plaas, is die Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit met Magashule-lojalis Vusi Tshabalala as burgemeester tegnies bankrot en deur die OG bevind as sittende met meer as R1 miljard ongemagtigde uitgawes. Dit is 'n donker prentjie wat deel vorm van die nag waarin die Vrystaatse ekonomie en regering in die Vrystaat verval het onder die uiters korrupte premierskap van Magashule. Vir die volle Jankielsohn-mediavrystelling, kliek hier.

http://www.politicsweb.co.za/politics/zumas-economic-zone-relaunch-just-a-pr-campaign--r

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top