►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Die suiwelmaatskappy DairyBelle wat vir meer as 'n geslag 'n huishoudelike naam in Bloemfontein was en later sy hoofkantoor in Epping, Kaapstad gevestig het, is in die Kaapstadse hooggeregshof finaal gelikwideer. Dit kom nadat 'n sakereddingspoging onsuksesvol was en die geboue en roerende bates van die Epping-aanleg deur Clear Asset, 'n aanlyn afslaer in swart besit, opgeveil word. Dit sluit in twee erwe, 'n toegeruste koelkamer, ‘n private pad en toerusting vir die maak van botter, kaas, roomafskeiding en vrugtesap. Wat die handelsnaam en korporatiewe identiteit betref, is Clear Asset in onderhandeling met verskeie belangstellende partye. As redes vir die ondergang van DairyBelle word aangevoer toenemende druk op die plaaslike suiwelbedryf en toetrede van oorsese mededingers tot die SA mark. In 2014 het Clover die langlewe- en joghurt-bedrywighede van Dairybelle vir R200 miljoen gekoop.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top