►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

SAA skynbaar finaal bankrot

Dit blyk dat die SA Airways as staatsmaatskappy tans finaal bankrot is. Volgens 'n mediaverklaring van die DA het die SAA sedert verlede jaar die volgende reuse skuldbetalingverpligtings gemis: R0.3 miljard aan Standard Bank op 30 Desember 2016; R1 miljard aan Standard Bank op 30 Desember 2016; R1 miljard aan Standard Chartered op 27 Januarie 2017; R1 miljard aan ABSA op 8 Desember 2016; R1 miljard aan Standard Chartered op 22 Desember 2016; R2.25 miljard aan Various Phoenix op 28 April 2017; en R0.8 miljard aan Various GBF op 28 April 2017. Dit maak 'n totaal van R7,35 miljard, maar na berig word beloop die onmiddellike totaal betaalbaar R8,87 miljard. Daar word verder betroubaar berig dat Standard Bank nou sy voet neergesit het en betaling van sommige van hierdie bedrae nou onmiddellik geëis het. Die totale bedrag wat SAA al van die regering as reddingsboei uit belastingbetalergeld ontvang het ten einde kop bo water oftewel vlerke in die lug te hou, beloop blykbaar R19,1 miljard. Kommentaar in die elektroniese media op hierdie toestand sê dat die oë nou gevestig is op Minister van Finansies Malusi Gigaba om weer met 'n reddingsboei vorendag te kom, maar dat die staatskas leeg is en al hoe geld in die hande gekry kan word, is moontlik om die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) te stroop. Daar was al telkens tekens in die verlede dat die Zuma-regering jeuk om dit te doen. Intussen kan die omstrede uitvoerende hoof van SAA en Zuma-beskermling Dudu Myeni nie vir kommentaar opgespoor word nie en antwoord sy al vir geruime tyd nie haar selfoon nie.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top