►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Raubex kry nuwe besturende direkteur

Die padboumaatskappy Raubex, wat in 1974 deur Koos Raubenheimer van Bloemfontein gestig is en ontwikkel het tot JSE-genoteerde maatskappy met 'n markkapitalisasie van R4,31 miljard, het bekendgemaak dat Raubenheimer in September vanjaar uittree en vervang word deur Freddie Kenney, bekende swart sakeman van Bloemfontein. Laasgenoemde het hom in 2004 as direkteur en aandeelhouer by Raubex aangesluit. Raubex doen landswyd en ook in Suider-Afrika benewens padbou ook rehabilitasie- en infrastruktuurprojekte.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top