► Kleurling Christelike pastoor eerw. Oscar Bougardt van Kaapstad oor anti-gay retoriek tot 30 dae tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is; sy grootste teenstander en kritikus is André Gaum, bekende gay-aktivis ► Taiwan besig met hul Han Kuang Exercise 5-daelange reuse militêre maneuvers as voorbereiding vir moontlike aanval deur China ► Opspraak oor nuwe Russiese ondersese Poseidon hommeltuig, wat skynbaar enige hawe in die wêreld kan opblaas – www.thesun.co.uk vir meer inligting ► “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa.” – Moeletsi Mbeki ► Sosiale media op ligter noot: “Royal Family is now Level 2 BEE Compliant” ► Christo du Plooy van Parys Vrydagaand in worsteling met drie rowers in sy huis voor sy gesin doodgeskiet; rowers was swart, “geen rassisme nie” ► Free State Stars van QwaQwa wen nasionale Nedbank Beker met prysgeld van R7 miljoen ná oorwinning 1-0 oor Maritzburg United in eindstryd

Die gevestigde landboumaatskappy Senwes met veral in Sentraal-SA uitgebreide belange, is steeds op 'n stewige winspad. Dit het vir die ses maande tot einde Oktober 2017 'n wins ná belasting van R144,9 miljoen aangeteken – 60,7% hoër as in die vorige ooreenstemmende tydperk.

Die maatskappy, met sy hoofkantoor op Klerksdorp, skryf sy goeie vertoning toe aan onder meer 'n rekordgrootte mielie-oes wat sy oesinname ook tot rekordvlakke opgestoot het. Marktoegang het met 166,7% verhoog van R57 miljoen tot R152 miljoen.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier