Aletheim 1

►►► Solidariteit Jeug gaan regstappe neem namens een van sy lede, Danie van der Merwe, wat werkloos is en uitgeluit is uit die presidensiële program YES4Youth ► Eskom skuldlas kan binne afsienbare tyd eskaleer vanaf R400 miljard na R550 miljard – HUB Phakamani Hadebe ► AfriForum verklaar dispuut met Parlement oor grondonteiening sonder vergoeding, Parlement sê dit sal dit opponeer ► Volgens Ouditeur-generaal wys jaarverslae van staatsdepartemente en staatsondernemings vir 2017/18 korrupsie van R51 miljard, uitgesluit Eskom en Transnet, wat gesamentlik sowat R28 miljard korrupsie kan oplewer ► Voormalige kantore van The New Age koerant van Guptas in Johannesburg word op 28 November 2018 deur Park Village Auctioneers opgeveil ► Minister Pravin Gordhan getuig voor Zondo-kommissie dat oud-pres. Jacob Zuma destyds aanhoudend vir kabinet gelieg het oor staatskaping en Guptas en “hom sodoende aan grofste vorm van korrupsie skuldig gemaak het” ► Elektrisiteit van perseel van Vrystaatse Wetgewer vir tweede agtereenvolgende dag afgesny weens wanbetaling deur verhuurder aan Centlec elektrisiteitsverskaffer ► Verwagting dat pres. Cyril Ramaphosa vanmiddag kabinetsskommeling gaan aankondig ná afsterwe van Edna Molewa en bedanking van Malusi Gigaba ► Gewapende rowers skiet drie vrouedokters by Letaba Hospitaal, Tzaneen, een kritiek in waakeenheid ►►►

“SAL kan homself nie red nie”

Volgens 'n verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is die SA Lugdiens as maatskappy nie in staat om homself te red nie en is daar geen ander keuse as om dit onder besigheidsredding te plaas nie. Solidariteit sê: “Dit blyk duidelik uit die SAL se geskiedenis dat die redery tans nie oor die vermoë beskik om ʼn omkeerstrategie suksesvol deur te voer nie. Besigheidsredding sal verantwoordbaarheid bring en verseker dat strategieë suksesvol deurgevoer word.”

Die verslag bevat ʼn indiepte-ontleding van die breër finansiële impak wat die SAL op die ekonomie het, asook ʼn bespreking van die strategiese uitdagings wat die redery in die gesig staar. Die verslag werp ook lig op die swak bestuur van die SAL as 'n besigheid en kom tot die slotsom dat enige plan wat nie gedeeltelike of volledige privatisering insluit nie, strategies nie volhoubaar is nie.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier