Aletheim 1

►►► Julius Malema van EFF dagvaar ANC Jeugliga vir laster oor beweringe teen hom oor omkopery ► In Kanana-woongebied by Orkney word 7 mense in bende-oorlog vermoor ► Pres. Moon Jae-in van Suid-Korea ontmoet vandag vir Kim Jong-un in Pyongyang, Noord-Korea vir geskiedkundige samespreking ► Berig dat Zambiese elektrisiteitsmaatskappy Zesco aan China verkoop moet word omdat hulle nie hul lening kan betaal nie ► Moderator van NG Kerk ds. Nelis Janse van Rensburg skryf in Kerkbode dat hyself steun homoseksualisme, hoewel dit nie strook met amptelike beleid van die NG Kerk nie ► John Mitchell amptelik weg by Blou Bulle as afrigter en aanvaar pos by Engelse Rugby-unie as verdedigingsafrigter ► Standard Bank getuig voor Zondo-kommissie oor hoe Guptas ook die bank wou dwing om by staatskaping in te val ►►►

Volgens die jongste jaarverslag van Sanral het die wins van die maatskappy gestyg met 1,5% tot R671,9 miljoen. Die bestelboek staan op R8,19 miljard teenoor R8,03 miljard in 2016/17.

Inmiddels het Raubex as een van die grootste kontrakteurs van Sanral gesê dat sy inkomste met 5,1% gedaal het tot R8,54 miljard, deels a.g.v. minder kontrakwerk vanaf Sanral. Laasgenoemde het gesê hul begroting word met R2,1 miljard besnoei oor die volgende drie jaar.

Dit behoort insiggewend te wees hoe die besnoeiing en die ekonomiese situasie in die land die wins van Sanral vorentoe gaan beïnvloed.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier