Aletheim 1

Albany Bakkery open weer by Virginia

Die bekende broodhandelsmerk Albany is met mening terug in die mark en verlede jaar is die groot bakkery van die firma in Belville, Wes-Kaap, splinternuut opgeknap, terwyl die ou Albany-perseel te Virginia in die Vrystaat opgegradeer en heropen is teen 'n koste van R70 miljoen. Hierdie bakkery lewer tans 624 000 brode per week.

Vir doeleindes daarvan word dit tans 12 ure per dag met twee skofte bedryf, met die beplanning om dit binnekort op te stoot na 24 uur per dag en drie skofte. Die bakkery is ook met die nuutste broodverkoelers, baktoerusting, elektroniese snyers en verpakkingsmasjiene toegerus, terwyl die gehalte van brood met die klem op volgraan ook opgegradeer is.

Aan die bemarkingskant is 17 nuwe roetes en 625 nuwe afsetpunte gevestig, terwyl brood ook aan bepaalde liefdadigheidsinstansies gelewer word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier