► OB Busisiwe Mkhwebane ondersoek nou ook pres. Cyril Ramaphosa vir bedrog voor Parlement en geldwassery met skenking ► Nuwe Minister van Gesondheid dr. Zweli Mkhize sê Nasionale Gesondheid Versekering (NGV) plan gaan geïmplementeer word – “Apartheid het gesê waaraan jy sal doodgaan, maar ANC regering gaan mediese behandeling bekostigbaar en toeganklik maak vir alle Suid-Afrikaners” ► Jongste verslag oor terreur op plase ► 27 Mei Joekie Nortje (80) en haar seun Johan (62) op plaas Nooitgedacht, Soutpansberg deur 5 aanvallers erg aangerand, o.a. met panga, Johan moet breinskandering ondergaan en Joekie fisio vir haar hande ► 5 Junie by Louis-Trichardt plaasbestuurder Ferdi Jacobs (35) deur 2 aanvallers met mes gesteek en oor kop geslaan, veg terug en aanvallers vlug ► Mediese Fakulteit van UV staak opleiding van studente van Pelonomi Hospitaal weens misdadige aanvalle deur inbrekers op dokters en mediese personeel ► Capitec nou grootste bank in SA volgens takke (840); Absa egter die meeste kitsbanke (8 961), met Standard Bank 2de meeste kitsbanke (7 140), Capitec 5 000 kitsbanke ► Gerda Steyn eerste vrou in Comrades Marathon oor 68,83 km in rekordtyd van 5:58:53 en algeheel 17de uit totaal van 21 625 atlete wat begin het ► Rafael Nadal wen Franse Tennis Ope vir rekord 12de keer – eerste keer dat tennisspeler dieselfde grand slam titel 12 keer wen ► Groot betogings in Hong Kong omdat Chinese regering op vasteland uitleweringswet wil implementeer vir Chinese in Hong Kong wat hulle soek vir “misdade” ► Krieket Proteas in Wêreldbeker vandag in reg of weg wedstryd teen Wes-Indië ►

Absa nuwe korporatiewe identiteit

Absa Bank het laasweek sy korporatiewe identiteit verander deur die naam Barclays Africa Group Limited te verander na Absa Group Limited, terwyl dit ook handel dryf op die JSE onder die nuwe aandeelkode ABG. Die skuif verteenwoordig 'n wegbeweeg van die Britse Barclays Groep, hoewel bepaalde bande behou is.

Die nuwe identiteit is geloods met 'n skouspelagtige lugvertoning bokant Johannesburg d.m.v. hommeltuigtegnologie, as sulks die eerste van sy soort in Afrika. Volgens Absa uitvoerende hoof Maria Ramos herposisioneer Absa met hierdie stap ook sy plek in die Suid-Afrikaanse mark en is die eerste van die nuwe voorkoms Absa takke reeds geopen.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top