► OB Busisiwe Mkhwebane ondersoek nou ook pres. Cyril Ramaphosa vir bedrog voor Parlement en geldwassery met skenking ► Nuwe Minister van Gesondheid dr. Zweli Mkhize sê Nasionale Gesondheid Versekering (NGV) plan gaan geïmplementeer word – “Apartheid het gesê waaraan jy sal doodgaan, maar ANC regering gaan mediese behandeling bekostigbaar en toeganklik maak vir alle Suid-Afrikaners” ► Jongste verslag oor terreur op plase ► 27 Mei Joekie Nortje (80) en haar seun Johan (62) op plaas Nooitgedacht, Soutpansberg deur 5 aanvallers erg aangerand, o.a. met panga, Johan moet breinskandering ondergaan en Joekie fisio vir haar hande ► 5 Junie by Louis-Trichardt plaasbestuurder Ferdi Jacobs (35) deur 2 aanvallers met mes gesteek en oor kop geslaan, veg terug en aanvallers vlug ► Mediese Fakulteit van UV staak opleiding van studente van Pelonomi Hospitaal weens misdadige aanvalle deur inbrekers op dokters en mediese personeel ► Capitec nou grootste bank in SA volgens takke (840); Absa egter die meeste kitsbanke (8 961), met Standard Bank 2de meeste kitsbanke (7 140), Capitec 5 000 kitsbanke ► Gerda Steyn eerste vrou in Comrades Marathon oor 68,83 km in rekordtyd van 5:58:53 en algeheel 17de uit totaal van 21 625 atlete wat begin het ► Rafael Nadal wen Franse Tennis Ope vir rekord 12de keer – eerste keer dat tennisspeler dieselfde grand slam titel 12 keer wen ► Groot betogings in Hong Kong omdat Chinese regering op vasteland uitleweringswet wil implementeer vir Chinese in Hong Kong wat hulle soek vir “misdade” ► Krieket Proteas in Wêreldbeker vandag in reg of weg wedstryd teen Wes-Indië ►

Die Brics-beraad wat tans in Johannesburg by die Sandton Konvensiesentrum gehou word met die staatshoofde van die vyf lande teenwoordig pres. Xi Jinping (China), pres. Vladimir Putin (Rusland), premier Narendra Modi (Indië), pres. Michel Temer (Brasilië) en Cyril Ramaphosa (Suid-Afrika), moet noodwendig ‘n massiewe impak hê op handel internasionaal sowel as besigheid in ook SA. Veral met China is ingrypende handelsooreenkomste gesluit, o.a. vir 'n R33,4 miljard lening vir Eskom om die Kusile kragstasie te voltooi. Die totale ekonomiese ooreenkomste nou met China geteken beloop sowat R225 miljard.

Trouens dit wil voorkom asof China sy aandeel in SA soveel as moontlik uitbrei, die spreekwoordelike oortjies van die seekoei waarvan algemeen bekend is. Rusland is steeds geïnteresseerd om kernenergie aan SA te verkoop, maar blykbaar wil Ramaphosa dit nie op dieselfde skaal doen as wat Zuma in die oog gehad het nie. Indië en Brasilië is ook daarop ingestel om hul handel met SA maksimaal uit te brei en vir hulself soveel as moontlik geld te maak. In hoe mate die ANC-regering met die groot staatskuldlas en enorme korrupsie effektiewelik om die raadstafel kan beding, is 'n wydope vraag.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top