Aletheim 1

►►► SABC weier om video van Mmusi Maimane van DA uit te saai waarin hy teen onteiening sonder vergoeding praat ► 5 plaasaanvalle binne 48 uur gedurende afgelope drie dae – te Honingsnestkrans Pretoria, Brits, Nelspruit, Lichtenburg en Hammanskraal ► Ian Cameron van AfriForum Veiligheid sê dit is opmerklik dat plaasaanvalle stil was tydens grondverhore, maar nou weer opvlam ► Vanjaar al 244 plaasaanvalle en 38 moorde – een plaasaanval per dag en elke ses dae 'n moord ► Kimberley toe gister rustig met geen protesoptog en onluste nie – wys versigtig wees vir fopnuus ► Aantal vreemdelinge wat ANC-regering afgelope 25 jaar toegelaat het om in SA te woon, word op meer as 20 miljoen geraam – bykans miljoen per jaar ► “Die burka wat Moslem-vroue dra, laat hulle soos 'n posbus lyk” – Boris Johnson, voormalige Britse minister van buitelandse sake ►►►

Toenemende gebruik van hommeltuie in besigheid

 Hommeltuie, oftewel drones, word al meer in besigheid aangewend, veral in die buiteland, maar ook in Suid-Afrika, soos blyk uit 'n onlangse studie getiteld Safety & Security Drones Study deur die navorsingsinstansie ReportLinker. Volgens die verslag beloop die verkope van veiligheidshommeltuie vir die sekuriteitsbedryf wêreldwyd sowat $145 miljoen, oftewel R2,175 miljard – en wys terselfdertyd daarop dat die sekuriteitsbedryf slegs 'n klein segment van die groter hommeltuigbedryf uitmaak.

Dit is veral polisiedienste, metrodienste, staatsondernemings en groot private korporasies wat toenemend hommeltuie gebruik vir 'n groot verskeidenheid van doeleindes. Tesame hiermee is daar onderhoudskoste, opgradering en ontleding van data wat tot die omset in die bedryf bydra. Hoewel daar in alle lande ook wetgewing in plek is om die bedryf van hommeltuie te reguleer, het die funksies van hommeltuie i.t.v. afstandsbeheer so gesofistikeerd geraak dat dit feitlik onvervangbaar geraak het.

Vir meer inligting oor hommeltuie, kan hierdie skakel gevolg word.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier