► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Uitstekende splinternuwe ligte industriële ontwikkeling

Te Kwaggafontein wes van Bloemfontein word tans een van die grootste ligte industriële en kommersiële ontwikkelings in sentraal Suid-Afrika voltooi. Die ontwikkeling bestaan uit drie komponente, nl. 38 Quagga Industriële Park met 95% voltooiing, ontwikkeling van die Industrial 44 industriële kompleks met 13 eenhede wat vinnig voltooiing nader en die beskikbaarheid van sowat 160 000 m2 grond met 'n verskeidenheid sonerings.

Wat hierdie ontwikkelings besonder gunstig en voordelig maak vir beleggers, is die uitstekende ligging naby die N1 snelweg en die N8 roete tussen Bloemfontein en Kimberley, asook ander groot besighede in dieselfde area, soos Makro, Volvo, MAN, Itau Milling, e.s.m. Daarby is die gebied waarin dit geleë is veilig en skoon, terwyl dit in wyer verband deel vorm van die Bloemfontein-Kimberley korridor.

Benewens die twee komplekse, gesels Qwaha Trust graag met bona fide entrepreneurs en voornemende beleggers oor ontwikkelingsvoorstelle vir die prima gesoneerde grond wat beskikbaar is. Vir meer besonderhede kontak Jan-Carel Wolhuter by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 082 850 9419 of 051 875 2786.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top