►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►
×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 68

In ‘n mediaverklaring sê AfriSake: “Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal nooit van die grond af kom indien SA ekonomie nie met gemiddeld 3,5% per jaar groei nie. Belastingbetalers sal oor die volgende 14 jaar R256 miljard moet bydra om die NGV te finansier soos dit deur die staat in die vooruitsig gestel word. Dit is volgens die NGV-witskrif se geprojekteerde kostesyfers. Die huidige ekonomiese groeikoers spring tussen 0,7% en 1,3%. Ons staan voor die realiteit dat die geprojekteerde R256 miljard wat nodig is om die NGV oor die volgende 14 jaar te finansier, in werklikheid nie genoeg sal wees nie, wat die ope vraag laat oor wie sal bydra om die tekort te finansier wanneer die NGV ten volle in werking is. Die kort antwoord is, onvermydelik, die belastingbetaler. AfriSake beoog om die situasie ten opsigte van die finansiering van die NGV te moniteer en sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat belastingbetalers nie as gevolg van die swak beplanning en onbereikbare aspirasie van die staat onverhoeds betrap word nie.” Vir meer besonderhede kontak Armand Greyling by AfriSake by 071 684 5687 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top