►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Roep alle skoontegnologie entrepreneurs

Die mees innoverende en vooruitstrewende entrepreneurs in die land met ‘n hart vir sg. skoon oftewel groen tegnologie word opgeroep om deel te neem aan die Global Cleantech Innovation Programme in SA (GCIP-SA) vir klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMOs).

Die GCIP is geïnisieer deur Cleantech Global en in SA van stapel gestuur deur die VN Nywerheid Ontwikkelingsorganisasie (UNIDO) in 2011. Ander vennote sluit in die Technology Innovation Agency (TIA) as plaaslike agent en die Global Environment Facility as hooffinansier.

Die GCIP is die grootste aandrywer van skoon tegnologie in SA en bied ‘n unieke kompetisiegebaseerde benadering om innoverende KMMOs te identifiseer. Diesluitingsdatum vir aansoeke was reeds 29 April 2016 met die semi-finaliste wat op 19 Mei 2016 aangekondig word vir die GCIP-SA National Academy.

Vir meer inligting kan die volgende skakel gevolg word: http://southafrica.cleantechopen.org.

Hoewel die sluitingsdatum vir deelname vanjaar reeds bereik is, word entrepreneurs wat belang het in hierdie bedryf aangemoedig om op die uitkyk te wees vir die geleentheid aanstaande jaar.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top