►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

“The SMME Opportunity Road Show”

Die Dept. van Kleinsake Ontwikkeling is besig met ‘n landswye bekendstellingstoer ten einde entrepreneurskap en sake-ontwikkeling binne die klein sakesektor aan te moedig en te bevorder. Dit is in lyn met die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) wat die visie het dat ongeveer 90% van werksgeleenthede in die land teen 2030 deur KMMOs geskep moet word. Tans in Suid-Afrika beslaan KMMOs sowat 91% van formele besigheid, terwyl hulle volgens Stats SA 52% tot 57% van die BNP bydra.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die “The SMME Opportunity Road Show” (OR) netwerkgeleenthede van onskatbare waarde vir kleinsake bied en hulle die geleentheid gun om te leer by ervare mentors en sprekers. Vir meer besonderhede om ‘n OR by te woon, besoek http://www.smmesa.co.za of kontak Simon Lewis van The Free Range by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 082 065 8569.

Volgens ‘n mediaverklaring sal die OR spesiaal fokus op die Digital Ekonomie met besighede wat produkte en dienste van tegnologiese en inligtingstegnologiese aard bied. In besonder word gefokus op bestaande aanlynbesighede of entrepreneurs wat met aanlynbesighede wil begin. Die idee is om hule so ver as moontlik te ondersteun om volhoubare besighede te vestig.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top