►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Vanderkloof Juweel van Bo-Karoo

Vanderkloof - 45 km vanaf Luckhoff op pad na De Aar, 15 km vanaf Petrusville, 45 km vanaf Orania, 240 km vanaf Bloemfontein, 220 km vanaf Kimberley en 110 km vanaf De Aar - dit is waar wat tereg as die juweel van die Bo-Karoo beskryf kan word te vinde is. Geleë op die oewer van die Vanderkloofdam, die tweede grootste dam in Suid-Afrika, is dit 'n skilderagtige dorpie met 'n asemrowende uitsig.
By en op die dam is uitmuntende geleenthede vir hengel (oewer en bote), vlieghengel, bootritte, kajakroei, snelvaart, kanoroei en ander wateraktiwiteite, terwyl in die dorp heerlike verblyf- en kuierplekke is.
Klub Kudu is dié kuier- en ontspanningsplek; OK Value is 'n uitstekende supermark; Midas Vanderkloof het alles vanaf motoronderdele tot hengel- en bootgerei; gasvrye verblyf word verskaf deur Rhino Manor, Bergrivier Lodge en andere; terwyl verder alle basiese dienste op die dorp te vind is.
Klub Kudu help ook met besprekings vir bootritte, akkommodasie, funksies, jagpakkette, kajakroei en snelvaart. Kajakroei is op die Oranjeriver sowel as op Vanderkloofdam - vanaf 1 dag tot 5 dae-roetes.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top