► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Buitelandse inkoop in strategiese bates

Die afgelope tyd het drie gevalle voorgekom van buitelandse moondhede wat klaarblyklik inkoop in strategiese Suid-Afrikaanse bates en sodoende in ‘n posisie is om sleutelbeheer daaroor te verkry. Die eerste geval is op die terrein van kernenergie waar Minister van Energie Tina Joemat-Pettersson in September 2014 ‘n ooreenkoms met die Russiese kernkragkorporasie Rosatom gesluit het vir die oprigting van kernkragsentrales in SA teen ‘n totale projekbedrag van sowat R1 triljard – groter as die hele jaarlikse SA staatsbegroting. In die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Energie het dit geblyk dat die regering nie weet waar die geld vandaan gaan kom om hierdie projek te befonds nie. In die tweede instansie het Minister van Telekommunikasie en Poswese Siyabonga Cwele ‘n sg. Cyber Security Pact namens die regering met die Chinese Minister van Nywerheid en Inligtingstegnologie Miao Wei onderteken vir die beveiliging van die Internet in SA. In mediakommentaar hierop is daarop gewys dat China ‘n reputasie het van onderdrukking van vryheid van spraak in sy eie land, ingryping in sosiale mediawerwe, die oprigting van brandmure (“firewalls”) om toegang tot nuus en inligting te blokkeer en van kuberaanvalle op Westerse maatskappye. Die derde geval is waar Transnet ‘n leningsooreenkoms van R30 miljard geteken met die China Development Bank (CDB) ten einde 232 diesel en 359 electriese lokomotiewe aan te koop by China South Rail (CSR) en China North Rail (CNR). Dit vorm deel van die verkrygingsprogram van Transnet van 1 064 lokomotiewe oor die medium- en langtermyn. Die ooreenkoms vorm deel van die R60 miljard bilaterale ooreenkoms wat pres. Jacob Zuma in Desember 2014 met sy Chinese eweknie Xi Jinping gesluit het. Vir van die res van die lokomotiewe het Transnet ‘n leningsooreenkoms aangegaan met die Export-Import Bank van die VSA en Export Development Canada vir R13 miljard om lokomotiewe vanaf General Electric en Bombardier Transportation aan te koop.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top