►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Solidariteit het in ’n voorlegging aan die International Trade Administration Commission (ITAC) gestel dat die SA staalbedryf die risiko loop om inmekaar te tuimel indien voorsorgmaatreëls nie dringend getref word nie. Volgens Marius Croucamp van die Metaal- en Ingenieursbedryf by Solidariteit, word Chinese staal in China gesubsidieer, met die gevolg dat staal op grootskaal in SA gestort word, wat plaaslike staalprodusente onder geweldige druk plaas. Dit het al talle staalondernemings gedwing om hul deure te sluit, wat weer talle broodwinners sonder inkomste laat. So bv. het sowat 2 200 mense hul werk verloor toe Evraz Highveld Steel toegemaak het en ‘n verdere 13 000 toe Highveld Steel self te Witbank gesluit het. Die staalbedryf verskaf sowat 66% van alle werk in die Vaaldriehoek en sou ’n aanleg soos ArcelorMittal ook moet sluit, sou dit die plaaslike ekonomie waarskynlik op sy knieë bring. In 2015 alleen is in die SA staalbedryf sowat 11 000 werksverliese gely.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top