►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Aurora-sage R23 miljoen vergoeding

Na ses jaar van uitgerekte regsgedinge en talle vertragings is uiteindelik in die Noord-Gautengse hooggeregshof  ʼn skikking met Khulubuse Zuma bereik dat hy R23 miljoen skadevergoeding aan die Pamodzi- en Aurora-likwidateurs sal betaal. Die Bhana-familielede wat by die Aurora-vernietigingstog betrokke was, is daarenteen kragtens ’n hofbevel gesekwestreer. Dit bring hoop aan die nagenoeg 5 300 voormalige Aurora-werknemers wat nou uit die Zuma-skikking en verkoop van Bhana-bates ’n gedeelte van hulle uitstaande gelde kan terugkry. Zuma het reeds die eerste betaling van R5,5 miljoen gemaak en moet die volgende R16 miljoen in maandelikse paaiemente van R500 000 betaal en die laaste R2 miljoen in maandelikse paaiemente van R100 000 totdat die volle R23 miljoen vereffen is. Volgens Solidariteit, wat die regsgeding met volharding namens hul lede gedryf het in wat waarskynlik die skandaligste geval is in die SA myngeskiedenis, het die Aurora-vennote Zuma en Solly, Fazel en Zubeida Bhana en Yaseem Theba lig daarvan afgekom met dat hulle nagenoeg 5 300 werknemers en hul gesinne in armoede gedompel het en die Pamodzi-mynbates van nagenoeg R1,7 miljard gewetenloos geplunder het. Intussen blyk dit dat regskoste nog ‘n aansienlike hap uit die vergoedingsbedrag kan neem.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top