►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Eskom R7 miljard lening

Eskom het aangekondig dat dit ‘n lening van R7 miljard bekom het by die China Development Bank (CDB) om sy kapitale uitbreidingsprogram oor die volgende drie jaar te finansier. Die R7 miljard bring die totale kapitale finansiering wat Eskom reeds vir die 2016/17 finansiële jaar bekom het op R51 miljard te staan, oftewel 75% van die teikenbedrag van R69 miljard. Dar is ‘n moontlikheid dat die CDB nog R5 miljard tot die totaal kan bydra. Volgens Eskom stel hierdie leningsbedrae hom in staat om gemaklik met sy uitbreidingsprogram, veral t.o.v. Medupi en Kusile, voort te gaan, hoewel die kapitale begrotingsbehoefte oor die volgende vyf jaar op R269 miljard gestel word. Op hul beurt sê die CDB dat dit sowat R275 miljard vir alle energieprojekte in Suid-Afrika opsygesit het. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top