►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Naspers belê R16 miljard in Russiese webwerf

Naspers het aangekondig dat dit sy belang in die grootste Russiese webwerf vir geklasifiseerde advertensies, Avito, verhoog vanaf 17,4% tot 67,9% teen ‘n bedrag van R16 miljard. Avito het ontwikkel van ‘n webwerf wat algemene advertensies dra tot een wat ook motors, eiendom, vakatures en dienste adverteer, met sowat 35 miljoen individue wat die webwerf maandeliks besoek. Gebruikers van Avito plaas elke dag 500 000 nuwe advertensie, terwyl meer as 32 miljoen produkte op die webwerf geadverteer word Naspers besit ook 95% van OLX, wat in meer as 40 lande opereer, 200 miljoen unieke besoekers het en 11 miljard bladbesoekers per maand trek. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top