Nadat hy uitdruklik geïmpliseer is in die staatskapingsverslag van voormalige OB Thuli Madonsela, het Eskom uitvoerende hoof Brian Molefe onverwags aangekondig dat hy bedank met effek einde van die jaar. Hoewel hy gesê het dat dit nie as ‘n skulderkentenis gesien moet word nie, is opposisiepartye en sakelui redelik eenstemmig dat die bedanking die geleentheid vir Eskom bied om uit die skadu van die Gupta-skandaal te tree. Die bedanking is verwelkom deur o.a. die organisasie Corruption Watch, terwyl die DA ‘n kriminele aanklag teen Molefe gelê het vir sy beweerde aandeel in die staatskaping.