►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Kleinsakesektor sleutel tot ekonomie

In ‘n openbare lesing by die Wits Sakeskool verlede jaar het Minister van Kleinsake-ontwikkeling Lindiwe Zulu gesê dat sowat 2,8 miljoen klein en mediumgrootte besighede in SA dra meer as 50% by tot die BNP en 60% tot werkverskaffing. Volgens syfers van Business Partners is daar ‘n groeiende belangstelling in entrepreneurskap in SA en word deur al meer mense besef dat dit hul enigste opsie tot brood op die tafel is. Joshua Maluleke van Deloitte Consulting wys daarop dat daar in SA ‘n oorbeklemtoning van die nodigheid van kapitaal vir entrepreneurskap is en haal Raymond Ackermann van Pick n Pay-faam aan wat gesê het dat “besigheidsukses is 90% passie en 10% kapitaal.” Inmiddels het Minister van Finansies Pravin Gordhan verlede jaar opgemerk dat SA nodig het om 10 miljoen nuwe besighede te skep indien die grootskaalse probleem van werkloosheid effektief aangespreek wil word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top