►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Ekonomiese sone van miljarde rand by Harrismith

Die regering is besig om die Maluti-a-Phofung Spesiale Ekonomiese Sone of sg. SEZ buite Harrismith te bou op 1 000 ha teen ‘n geprojekteerde koste van R4,8 miljard. Dit word gedoen in die vorm van ‘n binnelandse hawe wat met doanefasiliteite die swaar pad- en spoorvragvervoer tussen Gauteng en Durban fassiliteer, asook dié op die Bloemfontein-Kaapstad korridor. Die SEZ word ook beplan om behouerings- en motorhuurfasiliteite te bevat en is daarop gemik om die landbou-, agroprosessering-, outomotiewe en logistieke sektore te bedien. As sulks kan dit help om die swaar druk op Durban-hawe te verlig en terselfdertyd te dien as ‘n reuse ekonomiese inspuiting vir die Oos-Vrystaat, Qwaqwa en Noord-KZN. Na beplanning sal die ontwikkeling van die SEZ oor minstens 20 jaar strek, met die skepping van sowat 29 000 werksgeleenthede gedurende die eersvolgende dekade.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top