►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Groot gasontginning in Vrystaat

Die tydskrif Engineering News berig dat massiewe hoeveelhede saamgeperste natuurlike gas in die Goudveldstreek tussen Welkom, Virginia en Theunissen op die punt staan om kommersieel ontgin te word deur die maatskappy Renergen. Dit blyk dat die gasvonds bestaande uit metaan en helium, reeds jare bekend is a.g.v. goudontginning, maar dat dit nog nooit kommersieel ontgin is nie. Die gasreserwes, sover bekend van sowat 25 miljard kubieke voet, maar wat selfs soveel as 200 miljard kubieke voet kan bedra, is aanwesig in die aardkors tussen die goudmynskagte en die oppervlakte en beslaan in totaal ‘n gebiedsoppervlakte van 187 000 ha. Renergen beplan om die gas te onttrek deur boorgate wat reeds aangebring is en dit dan te prosesseer in brandstof vir die maatskappy Megabus, wie se busse aangepas is om met hierdie brandstof te funksioneer. Daar is ook ander byprodukte en kommersiële toepassings vir die gas op die beplanningstafel. Vrae word egter gevra oor die geldigheid van die ondergrondse regte wat Renergen en filiale hulself toeëien, in die lig van die kontroversiële Minerale- en Petroleumbronne Wet van 2002 waardeur die gevestigde praktyk verander is dat die titelhouer van  oppervlaktegrond ook outomaties die ondergrondse regte besit.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top