►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

“Mynbousektor op rand van afgrond”

Volgens alle aanduidings is die mynbousektor in die land in ‘n voortdurende staat van onsekerheid a.g.v. die Mynhandves wat tans vir die derde keer aan hersiening onderwerp word met die oog op nog hoër vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging. Die huidige konsephandves van die regering bepaal dat minstens 26% van eienaarskap moet swart wees, minstens 50% van uitvoerende bestuur (waarvan 15% swart vroue), 60% van senior bestuur (waarvan 30% swart vroue), 75% van middelbestuur (waarvan 38% swart vroue) en 88% van junior bestuur (waarvan 44% swart vroue). Hierdie persentasies mag nie verminder nie en indien ‘n swart vennoot of swart werknemers sou uittree, moet hulle met ander swartes vervang word. Dit is duidelik dat die regering van voorneme is om enige blanke seggenskap en deelname in die mynbousektor te minimiseer en verkieslik te beëindig. Die Kamer van Mynwese het ‘n hofaansoek teen die handves gebring, terwyl die uitvoerende hoof van Sibanye Gold, Neal Froneman, sê dat die sektor “huiwer op die rand van die afgrond. Dit kan inmekaartuimel.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top