►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Facebook toon ongelooflike resultate

Die jongste omsetsyfers en finansiële resultate van Facebook as maatskappy, weerspieël die ongelooflike pas waarteen digitale kommunikasie tans uitbrei en hoe dit inderdaad ‘n leefstylrewolusie in die samelewing teweegbring. In ‘n geglobaliseerde samelewing geskied dit nie net binne plaaslike gemeenskappe en lande nie, maar wentel dit om die aardbol en laat geen land dieselfde nie. Die digitale platforms waarop mense in hul massas kommunikeer, het ook ongekende adverteringsgeleenthede vir besighede geskep, wat blitsvinnig in ‘n multimiljard dollar bedryf ontwikkel het en wat steeds sneeubal. Die resultate wat Facebook pas vir die 4de kwartaal van 2016 en dus vir verlede jaar vrygestel het, toon dat die aantal aktiewe maandelikse gebruikers van Facebook gegroei het na 1,86 miljard mense, terwyl die aktiewe daaglikse gebruikers staan op 1,23 miljard – ‘n toename van 17% teenoor 2015 en ‘n rekord vir enige sosiale media ter wêreld. Inkomste van Facebook vir die 4de kwartaal van 2016 het opgeskiet na $8,81 miljard (sowat R119 miljard) teenoor $5,84 miljard vir die 4de kwartaal van 2015 – ‘n toename van 51%. Die totale inkomste van Facebook vir 2016 was $27.6 miljard (sowat R372,6 miljard). Hierdie inkomste is hoofsaaklik advertensie-inkomste, waarvan 84% selfoonadvertensies is en dus toon watter groeiende en kragtige mark slimfoongebruikers geword het. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top