Anglo American het bekendgemaak dat De Beers Mining in die eerste verkoopsiklus vir 2017 ‘n inkomste van $720 miljoen oftewel sowat R9,7 miljard uit ongeslypte diamante gegenereer het. Dit is aansienklik meer as die $470 miljoen wat in die vorige verkoopsiklus einde 2016 gegenereer is en word toegeskryf aan sterk aanvraag uit veral Indië.