►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Reeds 17 sonaanlegte in Noord-Kaap

Op hierdie stadium is die Noord-Kaap die provinsie in die land met die meeste sonkragaanlegte – 17 in totaal. Dit verteenwoordig 100% van die gekonsentreerde sonkragaanlegte in die land en 65% van die son PV-aanlegte en dra 72,5% oftewel 2 112 MW by van die 2 992 MW sonkrag wat in die land opgewek word. Hoewel Eskom tans ‘n moratorium geplaas het op verdere groenkragopwekking het die Dept van Energie 13 225 MW geoormerk om teen 2025 tot die nasionale netwerk bygedra te word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top