►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Te midde van die jongste syfers dat die vervaardigingsektor in die land besig is om die kreeftegang te gaan, is daar ook kennis gegee dat die volgende Manufacturing Indaba 27–28 Junie 2017 te Emperor’s Palace, Ekurhuleni, plaasvind. Die Barclays Purchasing Manager’s Index (PMI) vir Desember 2016 toon dat die vervaardigingsektor in die land “vasgesteek” het, vergeleke met die globale opwaartse kurwe vir die sektor. Die seisoenale aangepaste PMI vir Desember was steeds onder die neutrale 50-puntvlak vir die vyfde agtereenvolgende maand en het inderwaarheid gesak na 46.7 punte vanaf 48.3 in November. Wat die 2017 Manufacturing Indaba betref, staan dit in die gees van die Black Industrialist Programme wat die Dept van Handel en Nywerheid (dti) in Februarie 2016 aangekondig het en wat daarop gemik is om 100 swart nyweraars te vestig met ‘n geoormerkte ondersteuningsprogram van R23 miljard.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top