►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

N12 Kimberley-Hopetown bottelnek

Pad tussen KBY en Hopetown Pad tussen KBY en Hopetown www.specifile.co.za

‘n Sanral-projek om die N12 tussen Kimberley en Hopetown, veral die gedeelte vanaf Ritchie na Hopetown, te herseël, veroorsaak tans groot oponthoude vir verkeer en is daar bv. tussen Ritchie en Hopetown minstens agt stop-ry-punte. Die brug oor die Oranjerivier by Hopetown word ook tans breër gemaak met nog 'n baan met pilare in die rivier wat bygebou word. Hierdie is 'n projek op sy eie wat deur die firma Botes & Kennedy Manyano gehanteer word. Na verneem word, behoort die herseëlprojek van Sanral binne die eersvolgende twee maande afgehandel te word, maar die brugprojek sal na verwagting eers teen middel 2018 voltooi word.
Die verkeersvertragings op die pad veroorsaak dat talle mense eerder die roete via Douglas tussen Kimberley en Hopetown volg, maar dit is ‘n ongeveer 70 km draai. Andere reis vanaf Ritchie oor Jacobsdal, Koffiefontein en Luckhoff, maar dit is 'n nog groter draai. In die proses gaan tallose besigheidsure verlore.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Louise Oosthuizen - Woensdag, 05 Julie 2017

    Is daar 'n webwerf waar mens kan uitvind watter tye van die dag die brug gesluit is.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top