► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►
×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 42

Daar is geen artikels in die argief nie.

Ditsem Nuus
P de B Kockstraat 7
Universitasrif
Bloemfontein

Tel: 051 436 0552
Epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Oranje Eggo S39
Orania
Tel: 076 031 7601
Epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Nuuswenke: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Facebook: Ditsem Nuus

Twitter:

Sportredaksie
Waar so ‘n groot storm gewoed het rondom die Springbokke by die afgelope Wêreldbeker in Engeland, is dit goed om ‘n oomblik ter nabetragting stil te staan. Met die oog daarop kom veral die volgende punte na vore:

Johann Dannhauser
Vir hierdie rubriek het ons gesels met Floors Welthagen van Bloemfontein wat al 30 jaar aan padwedlope en veldwedlope deelneem. Hoewel ons die inligting uit hom moes uittrek, kon ons hierdie oorsig saamstel.

In ‘n opsienbare artikel in Moneyweb Today word die menings aangehaal van twee prominente landboudeskundiges dat die waarde van kommersiële plaasgrond in Suid-Afrika minstens 10 keer hoër is as die amptelike syfers.

Syngenta as een van die toonaangewende agrisakemaatskappye in Suid-Afrika, het vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar 20 geselekteerde jong kommersiële produsente deur ‘n intensiewe drie maandelange leierskapprogram van sy Grain Academy gesit. Die doel daarvan is om ‘n nuwe geslag produsent toe te rus met die vaardighede om die uitdagings die hoof te bied waarmee die moderne landboubedryf te kampe het.

Sportredaksie
Die pas afgelope Comrades Ultramarathon het ‘n nuwe SA kampioen opgelewer in die persoon van die 32-jarige Caroline Wöstmann, ‘n lektrise aan Wits. Sy het in die vroue-afdeling van die 87,72 km wedloop los voor geëindig in ‘n tyd van 6:12:22.

Sportredaksie
Die eerste Sterkmankompetisie vir o/90 kg deelnemers is op Saterdag 23 Mei 2015 by The Training Edge Gimnasium, Fichardtpark, Bloemfontein aangebied. Topdeelnemers vanoor die land het teen plaaslike kragmanne meegeding.

Dit is opvallend hoe die tempo om "Afrikaans" uit die gemeenskap te verwyder die afgelope tyd versnel.
Tensy blanke Afrikaanssprekendes wakker skrik en spoedig op gewelddadige wyse (soortgelyk aan beswaar teen gebrekkige dienslewering in die townships) beswaar gaan aanteken, gaan Afrikaans spoedig uit die samelewing verdwyn.

Ek en my vrou doen tans ‘n reeks van 55 dokumentêre dvd’s oor die ware feite maar ook die vergete ABO konsentrasiekampe regoor die land, waarvan 38 gedokumenteerde dvd’s al beskikbaar is - waar hulle geleë is, hoeveel Boerevrouens en -kinders in ‘n betrokke kamp was, hoeveel daar gesterf het en die omstandighede in die kamp.

In reaksie op kommentaar in die media dat die konsep van moontlike selfbeskikking vir die Afrikaner in ‘n doodloopstraat is, kan gevra word hoe op aarde dit is dat die destydse Sowjet-Unie in ‘n hele aantal kleiner soewereine state opgebreek het? Hoe het Tsjeggo-Slowakye in die Tsjeggiese Republiek en in Slowakye verdeel?

Redaksie
Terwyl talle studies op die swak geletterdheidsvlakke van Suid-Afrikaanse skoliere wys, het Helpende Hand ‘n innoverende LeesApp vrygestel om geletterdheid onder Afrikaanse kinders te bevorder. As ‘n eerste vir Afrikaans, help dit kinders om op ‘n nuwe manier te leer lees en skryf.

Johann Danhauser
Afrikaans as een van die jongste spruite uit die Germaanse taalstal het sedert volksvestiging in 1652 aan die Kaap geleidelik sy beslag as unieke inheemse Afrikataal gekry.

Ons het die hele nag deur hard gewerk en dit was vrugtelose arbeid. Uitgooi, intrek, verder roei, uitgooi intrek. Die net het leeg gebly.Op die hele Tiberias-meer, goed 9 km in deursnit, was daar nie ‘n vis daardie nag nie.

By die Noordwes Universiteit Potchefstroom (Pukke) word diegene wat opgestaan het vir die behoud van ´n Afrikanerkampuskultuur, gelaat dat hul standpunt doodsmoor.

Saamgestel deur ATKV, Randburg
Die toekoms van Suid-Afrika én van Afrikaans is in die hande van toekoms-tige geslagte en daar moet moeite gedoen word om ‘n liefde vir die taal en die land by jongmense te kweek.

Redaksie
Die opskrif klink kras, maar indien die volgende huidige toepaslike feite bymekaargesit word, dan is die gevolgtrekking nogal logies:

Deur die geskiedenis het wêreldwyd nasionalisme telkens as een van die sterkste menslike kragte na vore getree. Die enigste wat hiermee vergelyk kan word, is die liefde, maar dit is ‘n krag op sy eie.

Bladsy 1 van 4
Go to top