► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Sakegeleenthede (17)

Klok Inn, ‘n nuwe vakansie-oord net buite Hopetown op die R12 na Kimberley, voor die brug oor die Oranjerivier, op linkerhand, word tans ontwikkel en is in die eerste fase reeds oop vir die publiek. Chalets, kampeerplek, bootvaart, ens. Vir meer besonderhede skakel Rikus by 064 687 5522 of besoek die Facebookblad.
Die grootste enkele projek vir die ontwikkeling van ligte nywerheidspersele in Orania vind tans plaas in die vorm van die Horison Nywerheidskorf te Kareeboomlaan in die Nywerheidsgebied. Die totale grondoppervlakte van die perseel is 8 906 m2 en die ontwikkeling teen 'n totale projekkoste van nagenoeg R13 miljoen, bestaan uit die volgende komponente: 'n Nuwe ligte nywerheidsgebou van 540 m2 met 3-fase elektrisiteit op koopkrag en te huur @ R30/ m2 / Drie identiese geboue, elk 360 m2 verhuurbare persele elk met werkswinkellokaal, kantoor, kombuis en toilet @ R22,50/ m2 / 14 x selfstooreenhede onder een dak, elk 25 m2 en met eie toesluittoegang te huur @ R875 per maand / Binne 'n bestaande gebou reeds geokkupeer 'n afsonderlike lokaal van 170 m2 te huur as 'n ingerigte vleisverwerkingsperseel @ R30/ m2 / Aangrensend aan Kareeboomlaan vier winkelpersele elk 100 m2 en oopplan te huur vanaf Januarie 2018 @ R30/ m2. Vir meer besonderhede kontak Rikus van Staden by 082 894 5053 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Eerste DIY winkelsentrum in sentraal SA! 15 megawinkels in een kompleks met nog slegs twee winkelpersele beskikbaar – een van 485 m2 en een van 105 m2, laasgenoemde met ingeboude kluis. Persele kan doelontwerp ingerig word. Slegs vir huurders in sektore DIY, buitelewe, motorpas en onderdele. Word deel van 'n dinamiese wenspan! Kontak Johan de Beer by 082 690 2695 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

Eerste DIY winkelsentrum in sentraal SA! 15 megawinkels in een kompleks met nog slegs twee winkelpersele beskikbaar – een van 485 m2 en een van 105 m2, laasgenoemde met ingeboude kluis. Persele kan doelontwerp ingerig word. Slegs vir huurders in sektore DIY, buitelewe, motorpas en onderdele. Word deel van 'n dinamiese wenspan! Kontak Johan de Beer by 082 690 2695 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bladsy 2 van 2
Go to top