Print this page

Kursus in Pekan verbouing

'n Pekanneut-kursus vir gevestigde sowel as beginnerboere word 11-12 Julie 2017 te Orania aangebied, met lesings wat o.a. handel oor grondvoorbereiding, plantmetodes, beste kultivars, besproeiingstelsels, snoei van klein bome en organiese boerdery. Plaaslike boordbesoeke word ook gebring. Die kursus word ook toegespreek deur die wêreldbekende kundige prof. Esteban Herrera-Aguirre. Die pekanbedryf is tans in 'n bloeifase en die medium- sowel as langtermynvooruitsigte vir die bedryf is uiters belowend. Om die kursus by te woon of vir meer besonderhede, kontak dr. Ben de Klerk by 082 469 6880 of Faan Erasmus by 082 879 1433.

Gradeer die artikel
(0 stemme)