'n Prima meganiese ingenieurssaak, Leon Swanepoel Windpomp & Algemene Hersteldienste, te Carnarvon, met vele vertakkings in die Karoo, is te koop. In bedryf sedert 1 Maart 1981, tree die eienaar af weens gesondheidsredes en ouderdom. Ingesluit by die transaksie is die kliëntebasis wat strek oor 15 distrikte, alle voorraad, alle masjinerie en die toegeruste besigheidsperseel.
Skakel Leon Swanepoel by 053 382 3404 of 078 488 4580.