► Verskoning gister geen Hooftrekke weens onvoorsiene omstandighede, vandag dubbel ► Afrikaner-gemeenskap ontstoke oor haatspraak van Panyaza Lesufi Gauteng LUR vir Onderwys teen Afrikaans, wat sê dit “gaan sy verstand te bowe dat daar stryd is in skole vir Afrikaans as daar nie meer een universiteit is wat Afrikaans as onderrigmedium het nie” ► In terreuraanval 20 Mei op plaas tussen Fochville en Westonaria deur agt gewapende aanvallers op pa (55) en dogter (17) is dogter herhaaldelik verkrag ► Nog terreuraanvalle op plase: ► 21 Mei by Louis-Trichardt, Limpopo, Annette Kennealy voormalige DA raadslid vermoor in haar plaashuis aangetref ► 19 Mei by Addo, Oos-Kaap, vroulike plaaswerker deur twee gewapende aanvallers met messe gesteek, kontant geroof ► 17 Mei by De Doorns, Wes-Kaap, vyf gewapende aanvallers oorval bejaarde egpaar laataand in hul huis , beroof, geen verder besonderhede tans beskikbaar nie ► 87-jarige man in Tshwane in Distrikhospitaal erg aangerand deur personeel toe hy hulle aanspreek omdat hulle hom in Zoeloe en Tswana spot ► Pretoria Hooggeregshof gee uitspraak dat bevinding van OB Busisiwe Mkhwebane in saak van Estina-suiwelprojek by Vrede in Vrystaat so swak is dat dit tersyde gestel word ► Geweldige uittog van voorste SA rugbyspelers na klubs in die buiteland Engeland, Europa, Japan en VSA, o.a. Bulle-kaptein en Springbok-losskakel Handré Pollard ► Berigte dat hongersnood dreig in Zimbabwe a.g.v. droogte en lae vlak van Karibadam, sowat 3 miljoen mense benodig voedselhulp en beurtkrag word toegepas ►

Nuwe persele vir ligte nywerhede en winkels in Orania

Die grootste enkele projek vir die ontwikkeling van ligte nywerheidspersele in Orania vind tans plaas in die vorm van die Horison Nywerheidskorf te Kareeboomlaan in die Nywerheidsgebied. Die totale grondoppervlakte van die perseel is 8 906 m2 en die ontwikkeling teen 'n totale projekkoste van nagenoeg R13 miljoen, bestaan uit die volgende komponente: 'n Nuwe ligte nywerheidsgebou van 540 m2 met 3-fase elektrisiteit op koopkrag en te huur @ R30/ m2 / Drie identiese geboue, elk 360 m2 verhuurbare persele elk met werkswinkellokaal, kantoor, kombuis en toilet @ R22,50/ m2 / 14 x selfstooreenhede onder een dak, elk 25 m2 en met eie toesluittoegang te huur @ R875 per maand / Binne 'n bestaande gebou reeds geokkupeer 'n afsonderlike lokaal van 170 m2 te huur as 'n ingerigte vleisverwerkingsperseel @ R30/ m2 / Aangrensend aan Kareeboomlaan vier winkelpersele elk 100 m2 en oopplan te huur vanaf Januarie 2018 @ R30/ m2. Vir meer besonderhede kontak Rikus van Staden by 082 894 5053 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top