► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Diefstal behels die opsetlike en wederregtelike toe-eiening van iets wat aan iemand anders behoort. So kan ook enige misdaad gedefinieer word, bv. moord, ens.

Die woord “onteiening” beliggaam die dilemma: Jy kan slegs iets onteien indien dit rééds iemand se wettige eiendom is. Om dit egter te onteien sonder vergoeding, verg die wettiging van ʼn misdaad – naamlik diefstal.

Op voetspoor hiervan loop die mosie wat gister in die Parlement aanvaar is dat art. 25 van die Grondwet gewysig moet word ten einde onteiening sonder vergoeding “moontlik” te maak. Sodoende betree die ANC en hul meelopers die teater van die absurde en maak ʼn bespotting van SA as klugregstaat voor die oë van al die egte demokrasieë in die wêreld.

By hierdie kommentaar van ons moet ons die volgende uittreksel voeg uit ‘n mediaverklaring van die VF Plus: “Die mosie moet na regte lui: ʼn Mosie oor hoe om Suid-Afrika se ekonomie en sy toekoms te vernietig.

“Daar is steeds mense wat dink slegs landbougrond is ter sprake by onteiening sonder vergoeding. Artikel 25 van die Grondwet maak dit duidelik dat eiendom nie beperk is tot grond nie, maar sluit roerende en intellektuele eiendom in.”

Die Geloftevolk Koördineringskomitee (GKK) het in samewerking met die Assosiasie en Koalisie vir die Herstel van die Boererepublieke (AKHBR) as regspersoon 'n aansoek by die Kaapstadse hooggeregshof ingedien om die regsgeldigheid te betwis van die besluit van die Parlement op 27 Februarie 2018 oor grondonteiening sonder vergoeding en wysiging van die Grondwet. Kennisgewing van die hofaansoek is deur die balju beteken op die Parlement en in ontvangs geneem. Die respondente is die voorsitters van onderskeidelik die Nasionale Vergadering, die Gesamentlike Grondwetlike Hersieningskomitee en die Nasionale Raad van Provinsies.

Die applikante verlang (a) ‘n bevel dat die redes van die respondente vir hul besluit van 27 Februarie 2018 om artikel 25 van die Grondwet te wysig, teenstrydig is met artikel 9 van die Grondwet en daarom ongrondwetlik verklaar moet word; (b) ‘n bevel om die besluit op te hef wat die respondente geneem het op 15 November 2018 om artikel 25 van die Grondwet te wysig; en (c) ‘n bevel dat die respondente in die toekoms dienooreenkomsig en in lyn met artikel 9 van die Grondwet handel wanneer hulle wysiging aan die Grondwet oorweeg.

Die aansoek berus basies daarop dat die redes wat die respondente gebruik het vir hul besluit om artikel 25 te wysig, neerkom op onbillike differensiasie tussen groepe en individue met gevolglike onregverdige diskriminasie. Dit is strydig met artikel 9 (gelykheidsbeginsel) van die Grondwet.

Die respondente het die aansoek geopponeer en moet hul beantwoordende verklaring ingedien word voor of op 24 Mei 2019. Vir meer besonderhede besoek www.boererepubliek.org.

Indien hierdie hofaansoek objektief verhoor word en suiwer op regstegniese meriete beoordeel word en dit slaag, kan dit beteken dat die hele Parlementêre proses oor grondonteiening soos sedert 27 Februarie, onregmatig verklaar word en dat dit van meet af weer, op die korrekte basis, aangepak moet word, indien die Parlement so sou wou.

Go to top