►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Die Orania Karnaval vind vanjaar plaas van 5-8 April en soos elke jaar is daar weer ‘n vol program. ‘n Nuutjie is ‘n rofstoei-item met ses van die land se bestes. Die Karnaval skop amptelik op Woensdag 5 April af met die gewilde Kaalvoetkonsert en dan is daar o.a. die Klein Reus-konsert met Jannie Moolman op Donderdagaand 6 April, die jaarlikse Karnavaloptog op Vrydag en benewens die talle Karnavalstalletjies, ook verskeie ander prettige aktiwiteite soos die strooibaalkompetisie, skyfskiet en boeresport. By vanjaar se feeskonsert, wat oudergewoonte op die Saterdagaand plaasvind, sal Wynand en Cheree asook Steyn Fourie optree.

‘n Uittreksel uit ‘n skrywe van voormalige weermaghoof Generaal Constand Viljoen aan die Orania Beweging, waarin hy vra dat die organisasie die inisiatief moet neem om Afrikanerselfbeskikking te bevorder, lui o.m. as volg:
"Soos dit seker bekend is het ek deur middel van die Vryheidsfront tydens die 1994-onderhandelinge probeer om vir ons volk selfbeskikking eerder te beding as die staatsvoorstel van 'n unitêre staatseenheid. Dit was nie aanvaar nie vir vele redes onder andere omdat daar nie genoeg steun van binne ons volk daarvoor was nie. My vriend uit Duitsland Baron Von der Roppe is 'n stoere ondersteuner en toon groot belangstelling vir die idee van heroorweging van die Afrikanervolk en veral ook selfbeskikking. Sy vrees is dat hierdie strewe binne die volk sal kwyn as daar nie gou uit die volk groter druk kom nie. Ons twee vra ernstig of Orania kans sien om in ag genome ons volk se netelige posisie in die unitêre bedeling 'n nuwe inisiatief te begin om ons volk 'n nuwe entoesiasme vir selfbeskikking te laat groei"

Bladsy 3 van 3
Go to top