► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Julie is die bedrywigste sportmaand wêreldwyd en vanjaar is geen uitsondering nie - van die hoogtepunte is die volgende:

  • Wêreldbeker Krieket: Die Proteas het onvoorsiens ʼn rampspoedige deelname beleef en slegs drie uit agt wedstryde gewen, maar ietwat vergoed deur die hoogaangeskrewe Australië in die laaste wedstryd met 10 lopies te geklop het. Die toernooi is uiteindelik deur die gasheer Engeland op skouspelagtige wyse gewen nadat die epiese eindstryd teen Nieu-Seeland presies gelykop geëindig het op 241 lopies elk, maar Engeland meer grenshoue geslaan het.
  • Wimbledon: Simona Halep (Roemenië) buit die enkelspeltitel vir vroue toe sy die formidabele Serena Williams (VSA) binne 56 minute 6-2, 6-2 onder die stof loop. In die mansenkels kom Novak Djokovic (Serwië) uiteindelik heelbo uit nadet hy die gunsteling van die skareRoger Federer (Switserland) klop met 7-6, 1-6, 7-6, 4-6, 13-12 in die langste mansenkelstryd in die geskiedenis van Wimbledon.

Ander merkwaardighede by Wimbledon vanjaar was die 22-jarige Suid-Afrikaner Lloyd Harris wat die ongelukkige loting gehad het om in die eerste rondte teen Roger Federer te moes speel, maar die eerste stel op heldhaftige wyse 3-6 gebuit het, waarna hy die aftog moes blaas met 6-1, 6-2, en 6-2.

Die 15-jarige Cori Gauff (VSA) was die jongste speler wat nog vir Wimbledon kon kwalifiseer en het in die eerste rondte die vyfmalige kampioen Venus Williams (39) uitgeskakel. Gauff was nog nie eens gebore toe Williams haar eerste Wimbledon titel verower het nie en is uiteindelik eers in die vierde rondte deur die uiteindelike wenner Simona Halep gestuit.

  • Wêreldbeker Netbal: Die gemotiveerde Proteas (5de op wêreldlys) onder Australiese afrigter Norma Plummer het sover aldrie hul wedstryde gewen, insluitende teen Jamaika (2de op wêreldlys) 55 – 52. Daar is hoop dat hulle by goud gaan uitkom.
  • Afcon 2019 Sokker: Die Afrika Nasiesbeker is tans nog in Egipte in volle swang, maar Bafana Bafana is, nadat hulle Egipte as die gasheerland en een van die gunstelinge met hul beste spel in jare 1-0 uitgeskakel het, deur Nigerië met 2-1 huistoe te stuur.
  • Rugbykampioenskap: Vandeesmaand skop die Rugbykampioenskap tussen die Bokke All Blacks, Wallabies en die Poemas af en sal gesien moet word hoever nuwe afrigter Rassie Erasmus en verpligte spankwotas kom.
  • Curriebeker: Op die tuisfront begin hierdie reeks met nuwe lewe wat daarin geblaas word en behoort dit as sulks 'n peiling te verskaf van die diepte van SA senior rugby.
Go to top