► Die koste van SA regering om sy skuld te diens het toegeneem van R89,4 miljard in 2012 tot R202,2 miljard in 2019, wat beteken dat tans meer geld bestee word om regeringskuld te diens, as wat in totaal in een jaar bestee word aan die polisiediens (R104,2 miljard), staatssekuriteit en weermag (R50 miljard) en howe en gevangenisse (R48,4 miljard) ► Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) administreer tans meer as 240 studiefondse ter waarde van R164 miljoen, waardeur meer as 4 000 studente se studies moontlik gemaak word ► Volgens statistiek van TLU SA gister vrygestel, is 1 125 plaasaanvalle tussen 1990 en 1999 aangemeld, 1 407 plaasaanvalle in 2000 – 2009 (styging van 22%) en 2 616 plaasaanvalle vanaf 2010 – 2 019 (toename van 60%) ► Volgens pasvrygestelde syfers van TLU SA het 637 plaasmoorde vanaf 1990 tot 1999 plaasgevind, 799 plaasmoorde tussen 2000 tot 2009, terwyl 2010 tot 2019 die syfer afgeplat het na 586 plaasmoorde ► In mediaverklaring wys VF Plus daarop dat in SA R8 uit elke R10 wat deur die staat bestee word vir salarisse gaan; salarisrekening van staat beloop R587 miljard per jaar; “staatsdiens is werkskeppingsagentskap vir ANC-kaders” ► Verslag van Transparency International getiteld Global Corruption Barometer (GCB) gedoen ná ondersoek in 35 Afrika lande toon dat 59% van mense reken dat korrupsie toeneem, terwyl in Suid-Afrika 70% van mense meen dat korrupsie toeneem ► Verslag van Transparancy International toon ook dat een uit vier mense in Afrika wat verlede jaar van openbare dienste gebruik gemaak het, omkoopgeld moes betaal het ► Kabinet gee goedkeuring dat wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsorgversekering (NGV) in Parlement te tafel gelê word; geen aanduiding van koste nie, maar vorige minister dr. Aaron Motsoaledi het geraai sowat R259 miljard ► Minister van Omgewingssake, Bosbou en Visserye Barbara Creecy sê in Parlement Suid-Afrika is een van die 30 vuilste en mees omgewingsbesoedelende lande ter wêreld ► Rowers kaap graafmasjien van 60 ton by sandmyn naby Hobhouse en ry daarmee deur Caledonrivier en verdwyn in Lesotho ► MetroRail onderneem tans slegs 40% van treinritte in voorstedelike gebiede as 4 jaar gelede ► Netbal Wêreldbekertoernooi begin vandag in Liverpool, Engeland, met Proteas agt blankes uit span van 12 wat kans gegun word om goud in te oes ►

Besigheid

Orania ondervind bestendige ekonomiese groei, met konstant nuwe besighede wat oopmaak en voortdurend nuwe woonhuise wat gebou word. Van die nuwe besighede wat onlangs op…
Die pekanneutbedryf op Orania spog met ‘n rekordoes vanjaar, hoofsaaklik a.g.v. gunstige warm klimaatstoestande, wat ‘n besondere lang natuurlike droogwordproses veroorsaak het. Dit het weer…
Sg. swart ekonomiese bemagtiging, onvermydelik ten koste van blanke entrepreneurskap word steeds deur die regering al sterker bevorder en die skroewe al skerper aangedraai, soos…
ACSA het ‘n teiken gestel dat sy lughawens in SA teen 2030 42% van hul energie van hernubare bronne moet trek. In lyn hiermee is…
Nou in sy tweede jaar, word The Money Expo op 8 en 9 Julie 2016 by die Sandton Konvensiesentrum aangebied as en van die grootste…
Die Dept. van Kleinsake Ontwikkeling is besig met ‘n landswye bekendstellingstoer ten einde entrepreneurskap en sake-ontwikkeling binne die klein sakesektor aan te moedig en te…
Bladsy 19 van 20
Go to top