► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Ekonomie (107)

Die vakbond Solidariteit het ‘n hofaansoek geliasseer vir die tersydestelling en afskaffing van die nuutste weergawe van die Mynbouhandves en tree sodoende toe as vriend…
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het vir die 2016/2017 finansiële jaar vir die soveelste keer 'n gekwalifiseerde verslag van die Ouditeur-generaal, 'n gekwalifiseerde ouditmening ontvang. In…
Die eerste digitale bank in SA, genaamd Bank Zero, is in beginsel deur die Reserwebank goedgekeur. Alles geskied deur een sentrale app, dit gaan geen…
Volgens die jongste jaarverslag van die Belastingombudsman, regter Bernard Ngoepe, het hulle in die jaar tot einde Maart 2016, 3 454 klagtes van belastingbetalers oor die…
Uit die bloute is bekendgemaak dat 'n sogenaamde “The People’s Tribunal on Economic Crime in South Africa” in die lewe geroep is om sg. ekonomiese…
Eskom as nasionale kragvoorsiener skuld tans R5 miljard op sy lopende begroting, terwyl dit R275 miljard van staatswaarborge van R350 miljard al opgebruik het. Voorts…
Bladsy 7 van 14
Go to top