►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Meer as helfte in SA in armoede

Volgens 'n pasvrygestelde verslag van StatsSA getiteld Poverty trends in South Africa: An examination of absolute poverty from 2006-2015 leef sowat 30,4 miljoen mense in Suid-Afrika in armoede oftewel 55,5% van die bevolking. Die getal mense wat onder die 2015-broodlyn van R441 per maand leef het met 2,8 miljoen toegeneem, vanaf 11 miljoen in 2011 tot 13,8 miljoen in 2015. Die verslag toon ook dat die mees weerlose segmente van die SA samelewing is kinders 17 jaar en jonger, swart mense, vroue, mense in plattelandse gebiede, inwoners van die Oos-Kaap, inwoners van Limpopo en diegene met min of geen onderrig. In reaksie op die verslag word gemeen dat dit 'n aanduiding is van hoe die ANC-regering die inwoners van die land oor meer as twee dekades gefaal het, terwyl daar gemeen word dat die wydverspreide probleem van blanke armoede a.g.v. institusionele diskriminasie nie aan die lig gestel word nie.
Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top