►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Op die jongste uitgawe van die ranglys van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF), wat die politieke, ekonomiese en maatskaplike stand in lande monitor, het Suid-Afrika geval van 47ste posisie uit 137 lande na die 61ste plek. In kommentaar hierop sê adv. Anton Alberts van die VF Plus in 'n mediaverklaring: “Dit is insiggewend dat die WEF nie doekies omdraai nie en dit uitspel dat korrupsie, misdaad, diefstal, die onstabiliteit van die regering, hoë belasting, burokratiese rompslomp en ʼn swak werksetiek in die arbeidsmag die redes vir SA se ekonomiese kreeftegang is.

“Meer kommerwekkend is die feit dat basiese onderwys en gesondheid, waar die grootste deel van die land se begroting veral aan onderwys bestee word, as feitlik van die swakte in die wêreld gereken word en op nommer 121 uit die 137 lande geplaas word. Die enigste fasette waar Suid-Afrika wel vooruitgang toon, soos die grootte, gesofistikeerdheid en innovasie van die sake-omgewing, is die dele waar die privaatsektor die bydraes lewer en presteer ten spyte van die ANC-regering se swak beleid en gedurige inmenging.

“Die feit dat Rwanda, ʼn Afrika-land wat enkele jare voor Suid-Afrika se oorgang na demokrasie in ʼn burgeroorlog vernietig is, Suid-Afrika op die ranglys verby gesteek het, is ʼn goeie aanduiding van hoe sleg die ANC die land bestuur.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top