►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Verkope van slimfone op, tablette af

Volgens die navorsingsfirma GFK South Africa het die verkope van slimfone in die eerste ses maande van vanjaar met 17% gestyg, terwyl die verkope van tablette met 40% geval het. Terselfdertyd het in hierdie tydperk die verkope van gewone selfone met 23% gedaal.

Die verkope van slimfone maak sowat 64% uit van die verkope van alle selfone, terwyl “gewone” selfone 38% van verkope verteenwoordig. In 2016 was die verhouding 58% slimfone en 42% selfone.

In die eerste helfte van die jaar het die verkope van skootrekenaars nie gegroei nie en is 295 000 eenhede verkoop. Dit volg op 'n daling van 20% in 2016.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top