►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Veranderinge vir motor nywerheid

Ingrypende veranderinge vir die motornywerheid is voorspel by 'n konferensie van die Vereniging vir Motor Nywerheidswerkswinkels oftewel Motor Industry Workshop Association (MIWA), wat op 27 September 2017 gehou is. Verskillende sprekers by die konferensie het verstommende scenario’s voorgehou van hoe die motornywerheid oor die volgende 10 jaar daaruit kan sien.

Die belangrikste verandering wat voorsien word, is dat voertuie met binnebrandenjins grootliks vervang gaan word deur hibriede of elektriese voertuie, wat a.g.v. ekonomie van skaal drasties goedkoper gaan word. Die onderhoudskoste van nuwe energiemotors gaan waarskynlik minstens 10% goedkoper wees, terwyl 'n elektriese motor 20 onderdele het teenoor die 2 000 van 'n binnebrandenjin.

Voorts gaan bv. in die VSA openbare vervoer, o.a. a.g.v. die Uber konsep, sodanig ontwikkel en goedkoper word, dat 'n gesin sowat $5 000 oftewel R68 000 per jaar gaan spaar deur nie 'n private voertuig aan te hou nie, terwyl teen 2030 die verkope van nuwe motors in die VSA na vooruitskatting met 70% gaan daal. Strukturele veranderinge in die motornywerheid kan 'n impak hê op verbruikerspatrone oor 'n veel wyer front as net die nywerheid self.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

2 opmerkings

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top