►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

In 'n mediaverklaring wys die DA daarop dat jaarverslae wat nasionale departemente tot dusver by die Parlement ingedien het vir die 2016/17 finansiële jaar toon dat in totaal R51,1 miljard vermors is a.g.v. onreëlmatige, vrugtelose en verkwiste uitgawes. Hierin was staatsentiteite die grootste sondebokke met 'n bydrae van sowat R36 miljard oftewel 70% van die totaal.

Ten tye van die mediaverklaring was die jaarverslae van die Departemente van Omgewingsake, van Verdediging en van Staatsveiligheid nog nie ontvang nie, asook dié van SARS, SA Lugdiens, SA Express, Sanral en Prasa. Dit kan dus die totaal vermorste uitgawes nog aansienlik opjaag.

Dit is dus 'n ontsaglike bedrag aan belastingbetalergeld wat jaarliks deur die staat vermors word en verteenwoordig dit as sulks 'n reusehap uit die nasionale begroting.

 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top