Aletheim 1

►►► Julius Malema van EFF dagvaar ANC Jeugliga vir laster oor beweringe teen hom oor omkopery ► In Kanana-woongebied by Orkney word 7 mense in bende-oorlog vermoor ► Pres. Moon Jae-in van Suid-Korea ontmoet vandag vir Kim Jong-un in Pyongyang, Noord-Korea vir geskiedkundige samespreking ► Berig dat Zambiese elektrisiteitsmaatskappy Zesco aan China verkoop moet word omdat hulle nie hul lening kan betaal nie ► Moderator van NG Kerk ds. Nelis Janse van Rensburg skryf in Kerkbode dat hyself steun homoseksualisme, hoewel dit nie strook met amptelike beleid van die NG Kerk nie ► John Mitchell amptelik weg by Blou Bulle as afrigter en aanvaar pos by Engelse Rugby-unie as verdedigingsafrigter ► Standard Bank getuig voor Zondo-kommissie oor hoe Guptas ook die bank wou dwing om by staatskaping in te val ►►►

Die verbysterende spoed waarteen die waarde van die kriptogeldeenheid bitcoin styg, beteken sy markwaarde is nou meer as die BBP van sommige lande. Dit is ook meer werd as die bates van die rykste mense ter wêreld.

Teen 'n prys van meer as $11 000 per eenheid, het dit vanjaar reeds met meer as 1 000% in waarde toegeneem. Al die bitcoins in die wêreld is saam sowat $190 miljard werd.

Nieu-Seeland se BBP is volgens die Wêreldbank $185 miljard – dit is $5 miljard minder as die markwaarde van bitcoin. Die BBP van Katar, Koeweit en Hongarye is ook minder as die markwaarde van die kriptogeldeenheid.

Twee van die grootste banke ter wêreld, Goldman Sachs en UBS, se markwaarde is $97 miljard en $67 miljard onderskeidelik. Selfs al tel jy die twee saam, steek hulle steeds nie bitcoin verby nie.

Bill Gates en Warren Buffett is twee van die wêreld se rykste miljardêrs, maar selfs al voeg hulle hul fortuine saam, is dit steeds nie meer werd as bitcoin nie. Gates is tans sowat $90 miljard werd en Buffett $83 miljard.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier