►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Tersydestelling van Mynbouhandves

Die vakbond Solidariteit het ‘n hofaansoek geliasseer vir die tersydestelling en afskaffing van die nuutste weergawe van die Mynbouhandves en tree sodoende toe as vriend van die hof ter ondersteuning van die Kamer van Mynwese se hofgeding teen die handves. In ‘n mediaverklaring sê Solidariteit: “Die handves in sy huidige vorm is diskriminerend, onregmatig en ongrondwetlik en daarom moet dit hersien en tersyde gestel word. Die impak wat dié handves op die SA ekonomie in geheel kan hê en in besonder op die mynbedryf, is teenproduktief en irrasioneel.

“Die handves bevat verskeie klousules wat kommer wek, bv. dat 1% van die omset as spesiale dividend aan swart ekonomiese bemagtiging (SEB-) aandeelhouers betaal moet word. In 2016 het die mynbousektor se totale dividende R6 miljard beloop en 1% van die omset was R5,7 miljard. Dit impliseer dat 95% van dividende se waarde aan die 30%-SEB-aandeelhouers betaal sou moes word en dit sou verreikende impak hê op die ander aandeelhouers se aandeelwaarde.”

Inmiddels het pres. Ramaphosa die Kamer van Mynwese gevra om die hofsaak eers op die ys te plaas sodat van nuuts af besin kan word oor die inhoud van die handves.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top